Poligamie

Lande waar poligamie algemeen toegelaat word (2006)
Toba-stamhoof met sy vroue, 1892.
Ngungunhane (1850-1906), of Gungunhana, met sy sewe vroue.

Poligamie (πολυ (poly) = veel; γαμος (gamos) = huwelik)) is 'n huwelik van 'n man met meer as een vrou tegelyk of omgekeerd. In teenstelling met poligamie is monogamie 'n huwelik met een huweliksmaat. Bigamie verwys na poligamie met twee huweliksmaats.

Verskeie vorme van poligamie kom voor:

  • poliginie of veelwywery - een man met verskeie vroue;
  • poliandrie - een vrou met meer as een man;
  • groeptroues - is 'n kombinasie van poliginie en poliandrie waar al die lede van die familie vir al die kinders verantwoordelik is.

Die oudste voorbeeld van poliginie is in die Ou Testament, waar daar in I Konings 11 : 1 – 4 na Salomo se baie vroue verwys word. Dit moet in die lig gesien word van Salomo se pa, Dawid, wat sy lewe lank oorlog gevoer het, en dat daar waarskynlik 'n tekort aan mans na die oorlog was.

Hoewel poligamie in sommige Afrika- en Islamitiese lande wettig is, is dit in meeste westerse lande teen die wet. In Nederland, as voorbeeld, kan gevangenisstraf van tot 4 jaar vir die misdryf opgelê word (6 jaar as die wederhelf nie daarvan ingelig is nie).


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne